News
Cancervive sê kanker kán oorwin word tydens vertonings by skole
Mid Hartklop en die nasionale organisasie, Cancervive, het hande gevat vir kankerbewustheid en daar is vandag bewustheidsvertonings by Laerskool Middelburg en Hoërskool Middelburg gehou.

Die span van Cancervive het almal se aandag getrek toe hulle op motorfietse ingebrul gekom het op die A-rugbyveld, waarna ’n volledige program gevolg het met sangers, dansers en kanker-oorwinnaars om kinders te leer dat kanker nie ’n doodsvonnis is nie, maar dat dit oorwin kan word.

•Tydens die besoek aan Laerskool Middelburg het die skool ook nie-bederfbare kos geskenk aan die span van Mid Hartklop, sodat hulle ons dorp se mindergegoede gesinne kan help.
•Hulle bedank die brandweer, asook die verkeer en ER24 wat deel van die optog vanaf Event City na die skole was.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
