News

Inbreker vlug toe vrou skree

’n Inbreker het vanoggend (Woensdag) gevlug nadat hy ’n deur oopforseer en die vrou in die huis waarskynlik begin skree het.

Lede van die Gemeenskapspolisiëringsforum het reageer op ’n Zello noodroep vanoggend dat ’n ambulans uitgestuur moet word na ’n adres in Populierstraat (Kanonkop).
Die vermoede bestaan dat een van die bure iemand hoor skreeu het, aangesien die ambulans uitgeroep is vir “’n hartaanval”.

Die ambulans was nog op pad, toe dit gekanselleer word en daar gesê is daar was ’n inbraak en die vrou is saam met met die inbreker in die huis.

Lees ook: Vrou gewelddadig in Middelburg aangeval

By navraag aan die gesin (wat anoniem wil bly) het die man gesê dat die inbreker toegang tot die huis gekry het deur die veiligheidsdeur oop te forseer.
Sy vrou was in die huis en het gehardloop na haar kamer waar sy haarself toegesluit het.

Die man wou egter nie verder uitbrei nie en het net gemeld dat die inbreker weggehardloop het. Hy het wel bevestig dat niks gesteel is nie.

Lees ook: Inbrekers verblind kinders met pepersproei tydens Kanonkop inbraak

•Sowat drie weke gelede is me. Whelma du Toit deur rowers by haar agterdeur in Eikestraat (Kanonkop) oorval en oor die kop geslaan. Hulle het ook pepersproei in haar oë gespuit.

•Daar is die afgelope paar maande ’n skerp toename in huisbrake en daar is op noodgroepe gemeld dat daar gedurende die naweek twee inbrake in Colleylaan (Dennesig) was.
Me. Ena Pilodia (voorsitter, gemeenskapspolisiëringsforum) sê dat daar egter hierdie maand heelwat minder inbrake was as Augustus. “Dit was op ’n stadium chaos met al die inbrake.”

•Verlede week is berig van talle inbrake in Aerorand waar veiligheidsdeure oopforseer en die booswigte weggekom het met van televisies tot juwele.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button