News

VLU maak ’n verskil met maskers

Die vroue van die Vroue Landbou Unie is besig om ’n verskil in gemeenskappe te maak deur maskers te maak!

Cindy Coetzee, president van die Mpumalanga VLU, sê die VLU vroue in Middelburg is reeds besig om 300 maskers te maak vir die Middelburg Hospitaal se personeel en pasiënte.

In Groblersdal het die Willie Hammantak alreeds 200 maskers versprei en op Nelspruit is die vroue net so fluks besig om maskers te maak, wat versprei sal word.

Me. Coetzee vra dat alle vroue wat tans tuis is, ’n naaimasjien het en ’n verskil in hulle gemeenskappe wil maak, om aan die werk te spring.

Hierdie maskers sal dan versprei word aan alle persone wat sukkel om maskers in die hande kry, soos die beskermingsdientse en noodhulpwerkers, asook persone wat tans met publiek moet werk soos in apteke en supermarkte.

Enige ou lakens of T-hempmateriaal, polikatoen of lakenlinne, kan gebruik word.

Saam met die meegaande foto’s is die presiese afmetings en patroon, asook voorbeelde van die maskers. Enige rekkies, van broek- tot hoederek of sommer die rekkies wat jy oor die toonbank koop, kan gebruik word.

•Me. Coetzee sê sy glo die Here het die idee al verlede jaar tydens die Mpumalanga VLU se kongres op hul harte gedruk toe hulle moes besluit watter artikels vir 2020 gemaak moes word. Die voorgestelde artikels was iets vir ’n bejaarde of gestremde persoon en het die maskers hieruit voortgevloei.

“Ek glo dat die VLU vroue, maar ook elke vrou daarbuite wat kan naaldwerk doen, ’n verskil sal maak. Ek weet hoe Middelburg kan saamstaan. Ons gaan nie toelaat dat hierdie ding ons wen nie. Ons gaan mekaar se hande hoog hou.”

•Me. Coetzee het gesê mense wat nie naaldwerk kan doen nie, maar ook betrokke wil raak by hierdie projek, kan haar bel of WhatsApp by 082 770 7747 om byvoorbeeld lap, rek of selfs maskers te skenk. Dit moet toegemaak word in ’n sak en sal deur ’n persoon, wat ’n permit het, opgelaai word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button