News

Booswig vlug – los batterye agter

Twee trokbatterye is vanoggend deur reaksielede van Mid Alarms gevind, nadat ’n verdagte weggehardloop het.

Reaksielede Gawie van Deventer en Jan Spies was in die parkeerarea naby McDonald’s vanoggend omstreeks 06:30, toe ’n persoon sê dat iets aangaan by die laaisone by die Oaks Sentrum (waar Clicks en Woolworths geleë is).

Die persoon was ooggetuie dat ’n verdagte iets op een van die laaitrollies van Woolworths laai.

Hulle het dadelik soontoe gejaag, waar hulle opgemerk het dat ’n werknemer agter ’n verdagte, wat ’n trollie stoot, aanhardloop.

Die Mid Alarms lede het die verdagte, wat intussen in Viljoenstraat opgehardloop het, agterna gesit.

Sekondes later het hulle die trollie, waarop twee trokbatterye gelaai was, op die hoek van Viljoen- en Weeberstraat gevind. Die booswig het weggehardloop.

Daar is aanvanklik gedink dat die batterye uit die trokke by die sentrum gesteel is, maar al die trokke se batterye was daar.

•Die batterye is na die polisiestasie toe geneem. Indien iemand dit vermis, kan hulle gaan navraag doen by die polisie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button