Keeping busy in lockdown
Speaking to three residents, these Middelburgers tell us how they have been spending their time in lockdown.
DA Parlementslid me. Annerie Weber:
Me. Weber het voor die spertyd vir landwye afsondering, uit die Kaap uit teruggekeer na Middelburg, waar sy haarself tans afsonder saam met haar bejaarde ouers vir wie sy sorg.
Sy beperk haar beweging ten spyte van ’n permit wat haar in staat stel om te ry en haar gemeenskap as parlementslid by te staan.
“Ek is betrokke by twee nie-regeringsorganisasies wat kos aan bejaardes en minderbevoorregtes uitdeel.”
Tydens afsondering, hou sy haarself besig met maskers maak, wat sy dan sal uitdeel waar dit nodig is, weens ’n tekort in dié mark.
“Hoewel ons almal ’n plig het om die land veilig te hou, is menslikheid steeds die fondasie van ons samelewing en God sal my lei na waar ek nodig is,” sê sy.

Hospice suster me. Judy Toua:
Me. Toua, en ’n kollega, ondersteun steeds kankerpasiënte wat chemoterapie in eMalahleni ondergaan, maar ontmoet die pasiënte by die hospitaal.
Sy het die verskaffing van beddens tydens die afsonderingstydperk gestaak, maar besoek steeds kritieke en sterwende kankerpasiënte by hul huise.
Tussendeur sonder sy haarself af, soos die res van die land, sodat sy in haar hoedanigheid as Hospice verteenwoordiger, haar pasiënte en gesinne teen infeksie kan beskerm.
Former Mayor, Mr Mike Masina:
“The hail storm has left me with enough gardening work for some time,” Mr Masina chuckled. Apart from gardening, he thoroughly enjoys spending time with his family.
“As politician and mayor I had to spread myself very thinly, now I have been afforded time to spend with my family and I really appreciate this opportunity,” Mr Masina says.
Apart from his own personal spiritual time, Mr Masina says he prays three times daily with his family, for their health and that of all South Africans.
“We pray at 08:00, again at lunch and at 15:00 every day,” he said. “I constantly listen to the radio, apart from spending quality time with my family, they make everything better and I love them!”.
