News

Haweloses vlug na vervalle murasies

Haweloses wat nie in die tentkamp by ’n kerk wil bly nie het bouvalle op die dorp beset.

’n Oogseer in OR Tambo- en Framestraat word deur leeglêers as blyplek gebruik.

Volgens mnr. Deon Pieterse en sy vrou Joan, wat al bykans ‘n jaar lank in ‘n klein woonstelletjie agter in die vervalle Framestraat erf bly, is daar altesaam nege haweloses wat daar woon en ‘n eerlike bestaan probeer voer.

Mnr. Pieterse sê dat Cornerstone en ander kerke gereeld vir hulle kos aflaai.

Kriminele bedreig egter nou hul bestaan deur die erf te gebruik as vlugroete en stoorplek vir gesteelde goedere.

“Ons is eerlik, ek ken die Here, nie almal van ons is sleg nie,” het mnr. Pieterse tydens ‘n besoek aan Framestraat gesê.

Naas hom, sy vrou Joan en hul hond Toffies, deel mnr. Sifiso Nkosi ook die woonstel met hulle. Mnr. Nkosi het beaam dat hulle gereeld in konflik met kriminele is.
By ‘n vervalle OR Tambostraat is daar op honderde gebruikte inspuitings afgekom.

Volgens Mid-Alarms se reaksiemag slaap daar gereeld dwelmverslaafdes in ‘n toegeboude hondehok, en ‘n kamer aan die motorhuis van die bouval.

Verskeie haweloses en veral dwelmverslaafdes het kort na die inperking uit die fasiliteit gevlug waar hulle gehuisves is.

Intussen bedel van hulle weer op straat.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button