Renosterkalfie val in swembad
’n Renoster kalfie het by uBhetyan-o-Africa in ’n leë swembad geval.

‘n Renoster versie is einde Maart en ‘n bulletjie middel April gebore.
Die Cornelius egpaar, Deon en Susan, het besluit om herstelwerk aan die swembad te doen en al die water is uitgetap. Een van die renoster kalfies het op een of ander manier in die leë swembad geval.
Mnr. Cornelius en drie werkers moes spook om die kalfie uit die swembad te kry, terwyl die bekommerde ma al om die swembad gedraf het.
Toe die kalf se voete grond vat, het hy nie dadelik gevlug na sy ma toe soos verwag nie, maar omgedraai en mnr. Cornelius gestamp.
Die nuwe renoster versie is klaar Codi gedoop en daar word nog na ‘n naam gesoek vir die bulkalfie.
•Mnr. Cornelius sê dat hulle raap en skraap, maar dat hulle onder geen omstandighede sal toelaat dat hul diere honger ly nie.
Daar is genoeg kos vir die loslopende diere en nie ‘n tekort aan vleis vir die karnivore nie te danke aan die boere in die omgewing. Hy sukkel om groente, vrugte en hondepille vir die diere in hokke in die hande te kry.
Mnr. Cornelius vra dat mense wat skenkings wil maak of wat groente en vrugte teen ‘n billike prys verkoop, om hom te kontak by 061 588 3714.
