News

ANC, EFF, VF+ of DA, almal moet eet

Wyksraadslede word ingespan om nood in die gemeenskap te help verlig, met kospakkies wat deur die department van maatskaplike dienste aan hulle verskaf word, om uitgedeel te word aan werklose inwoners sonder enige inkomste en nie staatstoelaes ontvang nie.

Die DA se Johann Dyason sê dat raadslede tans van 50 kospakkies in die dorpsareas en 100 kospakkies vir buitegebiede ontvang, omdat die nood groter is in die buitegebiede.

Twee weke gelede het die DA raadslede elk 35 kospakkies ontvang wat uitgedeel is.

Hulle wag tans vir die 50 nuwes wat in tussenposes van tot drie weke voorsien word, afhangende van beskikbaarheid.

Die departement voorsien die munisipaliteit van kospakkies wat dan aan wyksraadslede voorsien word.
Wyksraadslede moet ook lyste van behoeftiges saamstel, wat dan by die departement ingehandig word.

Slegs werklose gesinne met geen inkomste, insluitende staatstoelaes, kwalifiseer vir die kospakkies, omdat verskeie ander welsynsorganisasies soos Feed a Child, hul eie databasisse onderhou en help.

Lees ook: Opposition blasts Covid-19 relief fund

Die aantal beskikbare kospakkies hang af van Covid-19 donasies aan die departement.

Die raad het ook besluit om sy eie Covid-19 noodfonds op die been te bring tydens verlede Vrydag se virtuele sitting, waartydens munisipale en raadsamptenare gevra is om 4% van hul jaarlikse verhogings, vir April, Mei en Junie, vrywilliglik te skenk om die fonds aan die gang te kry.

Al die opposisiepartye in die raad het dit van die hand gewys, omdat die DA reeds R1.5 miljoen uit sy raadslidfonds aan die regering geskenk het, die VF+ sy eie ondersteuners intern ondersteun en die EFF ook reeds 33% van hul salarisse afgestaan het.

Mnr. Dyason sê dat die raadslede deur die bank dankbaar is vir die kospakkies, en oor partygrense heen saamwerk om die nood te verlig.
“So word daar teen niemand gediskrimineer nie, en ons mense voel geken,” sê mnr. Dyason.

Inwoners wat geen inkomste het en nie staatstoelae ontvang nie, moet hul wyksraadslede kontak, sodat hulle by die voedingslys gevoeg kan word.

Daar is ’n streng verbod op die neem van foto’s deur raadslede wat kospakkies uitdeel van krag, om te verhoed dat die geleentheid nie vir politieke gewin misbruik word nie.

Die ANC burgemeesterskomiteelid, rdl. Johan Matshiane, is in beheer van die voedselprojek en mnr. Dyason het hom geloof vir sy leierskap en regverdigheid.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button