News

Van “geen honde toegelaat” tot “geen kinders toegelaat”

Die harde werklikheid van inperkingsregulasies het inwoners die afgelope week hard getref. Waar die bordjie “geen honde toegelaat” ’n algemene gesig by besighede is, het dit nou verander in “geen kinders toegelaat”.

Ouers is ontnugter, toe hulle by die Middelburg Mall weggewys is, toe hulle wintersklere wou gaan koop vir hulle kinders.

Mnr. Sal Botha sê hy moes sy kleinkind by die Mall gaan haal, nadat hy toegang geweier is. Sy ouers wou vir hom gaan wintersklere koop, nadat die klere wat hulle gekoop en huistoe gevat het, nie gepas het nie.

Sekuriteitspersoneel het geweier dat die seuntjie by die Mall ingaan en sy oupa moes hom gaan haal.

Mall bestuurder, mnr. Mike Mike Tammadge, sê hulle het opdrag van die polisie gekry om nie kinders toe te laat nie. Net twee volwassenes mag ook saam gaan inkopies doen.

Die dra van maskers is verpligtend.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button