News

Pa woedend toe boogpyl naby seun land

‘n Pa van Dennesig is woedend nadat ‘n pyl in sy dak vasgeskiet is, reg bo die venster waar sy seun gesit en televisiespeletjies speel het.

Die pa, wat vir eers anoniem wil bly, sê dat hulle die slag op die dak van hul huis in Dennesig gehoor en gaan ondersoek instel het.  Die pyl het in hul swembad se verwarmingspaneel vas geskiet.

Die pa sê dat die pyl sy seun in die kamer sou getref het, as dit ‘n paar meter laer was.

Die maak van die pyl.

“Dit is net so goed jy vuur ’n skoot met ’n geweer af en weet nie waar die koeël tref nie,” het die man woedend gesê.

Hy het reeds ’n klag by die polisie gaan lê en sê dat hulle vingerafdrukke van die pyl gaan neem.

Die pa sê dat hy sal aanhou soek tot hy die eienaar van die pyl opgespoor het.

Die pa sê dat hy gaan aanhou soek tot hy die skuldige kry en het die persoon aanbeveel om hom liefs self aan die polisie te gaan oorhandig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button