News

Kerkdeure word oopgestoot

Middelburg leraars is gereed om na twee maande van afsondering hulle kerkdeure oop te sluit.

Nadat www.mobserver.co.za met verskeie plaaslike leraars gepraat het, was dit duidelik dat hulle ’n gevoel van opwinding beleef, om weer as ’n Christelike liggaam bymekaar te kan kom.

Pastoor Callie Joubert, van die Lofdal Gesinskerk, sê dat hy opgemerk het watter groot behoefte daar is onder gemeentelede om saam te aanbid.
Hy is nog meer opgewonde oor die land se president, Cyril Ramaphosa, wat die rol van kerke erken en ’n dag afgesonder het aan gebed.

Pastoor Joubert, wat bekend is vir die berading wat hy aanbied onder lede van die polisie en brandweer, sê dat dit belangrik is dat ons wetstoepassers toegang het tot hierdie berading, wat weer gaan op 1 Junie begin.

Die kerke is beperk tot net 50 kerkgangers per slag, maar pastoor Joubert glo nie dit sal ’n probleem wees nie. Hulle het reeds ’n plan met gemeentelede wat vooraf moet registreer om ’n diens by te woon. Hulle sal lede van die kerk verdeel tussen die vier dienste wat aangebied word, maar sal wel voortgaan met die virtuele dienste.

Pastoor Joubert sê dat baie oudlede wat na ander lande immigreer het, inskakel by hulle aanlyndienste.

Pastoor Danie de Kock van Corpus Christi, sê ook dat hulle met die aanlyndienste ’n gehoor bereik wat hulle nooit tevore kon bereik nie. Hoewel Corpus Christi ’n baie groot gemeente het, is hy en sy medeleraars reg om hulle geestelike familie met ope arms te ontvang.

Ds. Casper Booy, van die NG gemeente Kanonkop, sê dat hy veral onder die ouer gemeentelede, ’n vereensaming opgemerk het. Deur die gesprekke wat hy met lede voer, is dit duidelik dat almal se gemoed laag is, en dat depressie ’n groot probleem geword het.

Die geleentheid vir lede om as ’n Christelike familie weer by mekaar te kom, sal hopenlik ondersteuning bied vir mense wat geestelik en emosioneel swaarkry in hierdie tye.

Die NG Kerk is ook van plan om kerkgangers te verdeel tussen hulle twee preke, en daar sal ’n derde diens wees indien dit nodig is. Die preke sal ook beskikbaar wees op die kerk se sosiale mediaplatforms, en die kollekte bordjies sal by die deur geplaas word, om kontak tussen lede en diakens te voorkom.

Al die kerke is van plan om deel te neem aan die gesamentlike dag van gebed, wat deur president Ramaphosa aangekondig is en eerskomende Sondag plaasvind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Check Also
Close
Back to top button