News

Inperking verslap, misdaad meer

Soos wat inperkingswetgewing verslap vermeerder misdaad.

Daar is hierdie week minstens vier hekmotordiefstalle in Gholfsig en Clubville aangemeld en een inbraak by ’n huis waar daar huisware ter waarde van derduisende rande gesteel is.

Twee honde is ook Dinsdag om en by 12:00 vergiftig in Totiusstraat.

Daar is verneem dat een veiligheidsgroep tans voelers uitsteek oor die moontlikheid om onder streng voorwaardes en met ’n amptelike reëling by die polisie, weer patrollie te ry.

Kapt. Khanyisile Zwane, polisie woordvoerder, sê dat hulle wag vir die regering se vlak 3 wetgewing, voordat hulle toegewings kan maak.

•Verskeie haweloses en dwelmverslaafdes het die perseel waar hulle versorg is verlaat en staan weer op straathoeke en bedel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button