News

Skole mag dalk vroeër oopmaak

’n Aanpassing in die Staatskoerant wat op 1 Junie gepubliseer is lees dat skole mag afwyk van die voorgeskrewe datums vir die terugkeer van ander grade.

Minister van Onderwys, Angie Motshekga, het verlede week aangekondig dat die terugkeer vir ander Grade op 6 Julie en 3 Augustus sal plaasvind. Sy het egter in ’n aanpassing op die wet, wat Maandag gepubliseer is, gelas dat skole mag afwyk van die voorgeskrewe datums mits hulle aan sekere vereistes voldoen.

Dit sluit in: 

• Om aan die minimum standaarde vir gesonheids-, veiligheid- en sosiale distansiëringsvereistes rakende Covid-19 te voldoen.

• Om aansoek te doen by die provinsiale Department van Onderwys vir toestemming.

Een plaaslike laerskool het reeds begin met konsultasie deur ’n vraelys aan ouers te stuur om te bepaal of hulle te vinde is om hul kinders vroeër skool toe te stuur.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Check Also
Close
Back to top button