News

Skole kry ‘katspoegie’ hulp van departement

Verskeie plaaslike skole het net ’n katspoegie van die beskermende materiaal gekry wat hulle beloof is.

Teen verlede week Woensdag het weinig skole nog enige hulp van die Departement van Onderwys ontvang. Die beloofde hulp sluit beskermende toerusting soos maskers en ontsmettingsmiddels in om onderwysers en kinders se veiligheid by skole te verseker.

Teen die afgelope naweek is skole in kennis gestel dat hulle toerusting by die departement se kantoor in Middelburg kan gaan optel. Een bron, wat op voorwaarde van anonimiteit met www.mobserver.co.za gepraat het, sê dat hulle ’n paar honderd weggooibare maskers, handskoene en sowat ses liter ontsmettingsmiddel ontvang het.

As daar in ag geneem word dat die Graad 7’s en 12’s wat terug verwag word by die skole gemiddeld uit groepe van meer as 100 bestaan, is die maskers, wat net eenkeer gedra en dan weggegooi moet word, glad nie voldoende nie.

Nog ’n persoon met wie die Middelburg Observer gepraat het, sê dat alhoewel die materiaal wat hulle van die departement ontvang het nie voldoende is nie, hulle hoopvol is om hierdie week meer hulpmiddels, soos die beloofde materiaalmaskers, te ontvang.

Die Departement van Onderwys se woordvoerder, Jasper Zwane, is reeds verlede week genader vir kommentaar oor wanneer die departement die hulpmiddels sal uitdeel. Hy is hierdie week gevra wanneer skole die lapmaskers en ander hulpmiddels gaan kry en het onderneem om terugvoer te gee.

Teen druktyd is daar, soos in verlede week se geval, steeds geen terugvoer ontvang nie.

• Daar is verlede week berig dat skole bekommerd is oor die finansiële impak as hulle goedere soos ontsmettingsmiddels en maskers self moet koop, terwyl baie ouers nou spook om hul skoolfonds te betaal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button