News

Drank weer verbied, dis bog sê eienaars

Gerugte dat die verbod op alkohol dalk binnekort weer ingestel kan word het soos ’n veldbrand versprei onder inwoners.

Twee plaaslike drankwinkeleienaars het egter gesê dat dit net bogstories is omdat hulle nog geen aanduiding van die aard van owerhede ontvang het nie.

Woordvoerder vir die Departement van Samewerkende Regering, Menslike Nedersettings en Tradisionele Sake, Mlungisi Mtshali, het by navraag oor die gerugte gesê dat daar nie tans sprake is dat die verbod heringestel gaan word nie. Hy kon egter nie kommentaar lewer oor of dit deur die Nasionale Corona-virus Kommissie bespreek word nie.

Talle hospitale het ’n skerp toename in noodgevalle, waarvan sommige alkoholverwant was, gerapporteer vandat die inperking van Vlak 4 na Vlak 3 verlaag is. Vlak 3 laat toe dat alkohol van Maandae tot Donderdae verkoop mag word.

Lees die oorspronklike berig in Engels hier.

•Die Middelburg Observer koerant is besig met ’n ondersoek wat die invloed van drankverkope op die gemeenskap gehad het sedert verlede week Maandag.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Check Also
Close
Back to top button