News

Man verstom oor positiewe toets

Die sinistere kant van die koronavirus is besig om verder te verdiep.

Terwyl mense sterf en daar oorlewendes is wat vertel watter verskriklike pyne hulle ervaar het, sê ’n inwoner wat positief vir Covid-19 getoets het, hy het nie eers ’n kopseer nie.

Hy moes vir ’n operasie aan sy been gaan in Pretoria wat ’n abses het en moes volgens die Covid-19 protokol getoets word.
’n Plaaslike dokterspraktyk se geneeshere het hom ondersoek vir die beseerde been.

Die inwoner het aanvanklik toestemming gegee dat sy identiteit openbaar gemaak word, maar later versoek dat sy naam nie genoem word nie, weens kritiek op sosiale media dat hulle “onverantwoordelik” opgetree het.

Alhoewel hy geen simptome getoon het nie, het die toetse gewys dat hy die koronavirus het.

Sy kleindogter het intussen ook positief getoets, maar die geneeshere wat met hom in kontak was en sy vrou is negatief.
Wat die slagoffer verstom, is dat hy geen simptome het nie, nie eers ’n kopseer nie.

Die Departement van Gesondheid het hom besoek en hy is in selfisolasie.

Die dringende operasie is intussen onbepaald uitgestel.

Die man sê dit is onmoontlik om te bepaal of jy die virus het, omdat daar geen simptome is nie.

Hy het nie ’n benul hoe hy sy kleindogter aangesteek het nie. Dit gaan ook goed met haar en sy is ook in selfisolasie.

’n Christel Rawstorne Caroline Lottering het op Facebook gesê: “Hoe kan mense so onverskillig wees en oningelig, as jy in aanraking was met iemand wat die virus het of net met iemand wat griep het flippen bly by die huis en selfisoleer of wil jul die verdomde shit virus verder in Middelburg versprei. Mense sal selfs geopereer word om uit hul huise te kom. Mense die virus is nie HIV nie die virus versprei soos ’n veldbrand, gebruik daai grysstof wat jul gekry het, want dit is nou die tyd om dit te gebruik, al is dit by baie nog min die virus maak dood, daar is geen teenmiddel wat nog sover effektief werk nie.”

•Die man het Saterdag laat weet dat hy intussen weer getoets is en die toets was negatief.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Check Also
Close
Back to top button