News

Jy kan nie jou voertuiglisensie by poskantoor hernieu

Goeie nuus! Jy kan nou jou voertuiglisensie by die poskantoor hernieu. Behalwe as jy in Mpumalanga woon!

Nuus dat lisensies nou by poskantore hernieu kan word het talle Middelburgers na die plaaslike poskantoor laat stroom, net om daar weggewys te word. Om alles te kroon is die munisipale lisensiekantore onbepaald gesluit, nadat ’n gebarste pyp waterskade aan die gebou en elektronika aangerig het.

Johan Kruger, woordvoerder vir die Poskantoor, sê dat hulle tans in onderhandelinge is met die Mpumalanga Departement van Vervoer om die diens ook hier aan te bied. Hy sê dat die lisensie-hernuwingsdiens tans in al die provinsies behalwe Mpumalanga en die Wes-Kaap beskikbaar is.

“Ons vra omverskoning vir die misverstand en hoop om binnekort goeie nuus te hê vir die provinsie waar die son opkom,” het mnr. Kruger gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button