News

Fopnuus! Geen storm Dineo is op pad

’n WhatsApp boodskap wat waarsku dat Gauteng en dele van Mpumalanga vanaand erg deur storm Dioneo getref sal word is bog.

Die boodskap waarsku dat ’n windspoed van tussen 30km tot 90km verwag kan word wat huise, motors en ander eiendom kan verwoes.
Daar is gewaarsku dat veral Johannesburg swaar getref sal word met moontlike vloede.

Daar word voorts gesê dat “klasse opgehef is” en dat inwoners nie na-uurse werk moet doen nie maar huistoe gaan en hul eiendomme vir die storm voorberei.

Die Suid-Afrikaanse weerdiens het egter gesê dat hoewel die koue sal voortduur, is temperature beduidend hoër in Gauteng en Mpumalanga van vandag af.
Dinsdag was die land se koudste dag in bykans ’n dekade met temperature van net 11 grade bedags op die hoëveld.

Die SA weerdiens se voorskatting vir temperature die naweek is dat die kwik aanhoudend gaan styg en dat gesinne maar Sondag die braaivleisvure vir Vadersdag kan aansteek.

Storm Dineo het die Mosambiekse kus in Februarie 2017 getref en verwoesting gesaai.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button