News

Toename in toetse vir koronavirus

Daar het vanoggend tot sowat 15 voertuie in die ry by die Covid-19 toetsstasie voor Life Midmed Hospitaal gestaan, sodat mense getoets kon word vir die koronavirus.

Dr. Redge van Rensburg sê hy het op pad na sy praktyk die lang ry voertuie gesien staan. Talle inwoners het ook gebel om te sê die voertuie staan in rye sodat mense getoets kan word.

Dr. Van Rensburg sê daar daar ’n besliste toename in toetsing is vanaf Maandag. Hy meld dat veral myne en groot besighede nou hul werknemers in groepe laat toets vir die virus, aangesien daar etlike positiewe gevalle by groot besighede was.

Vanaf Maandag is daar elke dag tussen 30 en 40 mense getoets.

Vanoggend se lang ry was te wyte aan ’n maatskappy wat al sy werknemers vir die toetse gestuur het.

“Besighede tree pro-aktief op, sodat hulle vroeg kan optree as iemand die virus het en nasporing kan doen van ander mense wat in kontak was met positiewe gevalle.”

Hy sê dit is wel so dat die syfers begin toeneem en hulle sien definitief meer mense wat gestuur word vir die toetse.
Hyself het Maandag ses mense gestuur vir die toetse, maar gelukkig was almal negatief.

Persone wat operasies ondergaan, moet ook eers gaan vir die Covid-19 toets, alvorens hulle geopereer kan word.

“Daar is egter beslis nie vol sale mense in ons Covid-19 isolasiesaal nie!” Hulle het nog net die een persoon gehad wat vir ’n dag of wat in die saal was en daarna huistoe is.

Dr. Van Rensburg sê dit is vir hom verblydend as hy sien dat mense by die Covid-19 regulasies begin hou deur gereeld hul hande te was en te ontsmet en ook sosiale afstand te hou.

Alhoewel daar reeds 33 mense positief getoets het vir die virus, glo dr. Van Rensburg dat die syfers steeds so stadig sal bly klim, as mense net by aanbevole regulasies hou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button