News

Een kritiek na ongeluk op brug by silo’s

’n Man is ernstig beseer in ’n ongeluk gisteraand op die Samora Machelstraatbrug (Middelburg), reg langs die silo’s.

Bianca Muller en haar verloofde Gustav Lubcker het later vertel dat hulle omstreeks 20:30 oor die brug gery het in ’n NP200 bakkie. Die volgende oomblik is hulle van agter getref deur ’n Mercedes.

Met die geweldige impak van die slag het die bakkie op sy dak beland en die Mercedes is weggeslinger deur die staalversperrings langs die pad. Met nooddienste se aankoms het hulle gevind dat die staalversperring regdeur die Mercedes, van die kattebak tot by die bestuurder, gesteek het.

Die bestuurder van die Mercedes, wie se naam op hierdie stadium nog nie bekend is nie, moes met die kake van lewe uit die voertuig gesny word.

Bianca, asook die bestuurder van die Mercedes, is na die Life Midmed Hospitaal afgevoer. Bianca is laasnag ontslaan, maar die ernstig beseerde man word steeds in die hospitaal behandel.

Gustav het nie beserings opgedoen nie.

*Die pad was ’n geruime tyd gesluit sodat die wrakke van die toneel verwyder kon word.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button