News

Grendel Geite en Goeters fotokompetisie!

Die Kleine Engele organisasie en Nadine Dutton Fotografie bied ’n fotografiekompetisie ten bate van die Hospicevereniging aan.

Die tema is “Grendel Geite en Goeters”, genaamd “#LockdownSelfie”.

Enige foto wat in hierdie grendeltydperk geneem is, kan ingeskryf word.

Inskrywings beloop R50 per foto.

Al wat jy moet doen om deel te neem, is om jou R50 inskrywingsfooi te stuur na: Middelburg Hospice, Absa, rekeningnommer 4049315662, takkode 63005, verwysing: GF (gevolg deur jou naam en van). E-pos jou bewys van betaling en goeie gehalte inskrywingsfoto na: grendelfoto@gmail.com of WhatsApp na 079 663 9302.

Die sluitingsdatum is op 30 Junie. Daarna sal die top 30 foto’s aan die beoordelaars gesetuur word en die wenners op 3 Julie aangekondig word.

•Pryse ter waarde van R12 500 is op die spel, waaronder ’n naweek vir vier persone by Riviersig en Rhenosterkop, ’n mini oormaak fotosessie, ’n familie fotosessie, geskenkbewyse en ’n blesbok.

Vir enige navrae, bel 079 663 9302.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button