News

Wie is die reus in die lykshuis wat groter as Bakkies Botha is?

Wie is die reus wat groter en swaarder is as die Springbok slot Bakkies Botha, wat in ’n lykshuis lê?

Die man is 2.05m lank en weeg 140kg teenoor Botha se 2.02m en 124 kg.

Is hy van Russiese afkoms?

Is hy die pa van klein kindertjies soos die tatoeërmerk op sy lyf aandui?

Is hy tereggestel en indien wel waarom en deur wie?

Lees ook: Search for family of murder victim – do you recognise these tattoos?

Die onbekende man is in Februarie met verskeie skietwonde in ’n vlak graf tussen Waterval Boven en Nelspruit gekry. Die graf was in ’n bosbou plantasie.
Daar is ook ’n tatoeërmerk van ’n tier op sy regter boarm.

Die man is blond en ’n geskrewe tatoeërmerk op sy liggaam wys dat hy dalk van Russiese afkoms is.

Enigiemand met inligting kan Leon van der Berg bel by 082 318 9857.

•En hoe kan ’n eenjarige seuntjie soos ’n sak vullis weggegooi word naby die N4 en ’n spoorlyn en geen haan kraai ooit daaroor nie?

Waar is sy ouers?

Vermis sy familielede hom nie?

Lees ook: Body of murdered baby boy at mortuary for more than a year

Waarom wou sy moordenaar seker maak hy is dood deur hom eers te vergiftig en daarna te verwurg met ’n plastieksak?
Hy lê in dieselfde lykshuis as die onbekende reus.

Adjudant offisier Raymond Mamaila (Waterval Boven Polisie) werk sedert Oktober 2019 aan die saak.

Die seuntjie se liggaam is deur ’n bejaarde man in ’n rivierbedding gekry op die Schoonspruit plaas.

Adjudant offisier Mamaila kan met enige inligting by 082 318 9912 gekontak word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button