News

Afriforum maak verskil in Dullstroom

Die AfriForum-tak in Dullstroom het Vrydag die Sanel-epilepsiesentrum en die polisiestasie met verskeie aksies gehelp.

Die Sanel-epilepsiesentrum het ’n skenking van skoonmaak- en saniteermiddels ter waarde van R8 000 ontvang. Dié skenking vorm deel van ’n groter skenking wat AfriForum van ’n anonieme skenker ontvang het.

Meer as R32 000 se skenkings is reeds in Mpumalanga versprei.

Lede van AfriForum se buurtwag in Dullstroom het ’n nuwe naambord by die Dullstroom-polisiestasie opgerig, die polisiestasie se blombeddings skoongemaak en die omgewing om die polisiestasie netjies gemaak, aangesien toeriste gereeld daar in- en uitbeweeg.

Dié buurtwag werk gereeld met die SAPD saam.

“Ons is dankbaar om so ’n groot verskil in ons gemeenskap te kan maak en sal aanhou om die dorp te verbeter en te beskerm,” sê Gerhard Delport, leier van AfriForum se Dullstroom-buurtwag.

• Sluit aan by AfriForum se Dullstroom-buurtwag deur die woord “Dullstroom” te SMS na 45350 (R1 per SMS).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Back to top button