News

Covid eis oud sportjoernalis Cor Leijenaar

Die oud sportjoernalis, Cor Leijenaar, is aan Covid-19 in die Eugene Marais Hospitaal oorlede.

Leijenaar was ’n besadigde en uiters privaat mens. Hy het by die dagblad, Beeld, gewerk en was bekend vir sy dekking van Suidoos-Transvaal rugby in die tagtigerjare.

Sy gunsteling speler was die heelagter, Harry Muller.

Leijenaar het ’n uitgebreide versameling vinielplate van veral jazz musiek gehad. Hy het die land vol gereis en by pandjieswinkels rondgesnuffel vir sy gunsteling musiek.

Wanneer ek, hy en wyle Christo Lemmer, van die Transvaler, agter Suidoos-Transvaal aangery het, om rugby op klein dorpies te gaan dek, het hy aanmekaar in die kar gesing.

Sy gunsteling was… Yellow is the colour of my true love’s hair In the morning when we rise In the morning when we rise That’s the time, that’s the time I love the best…

Wanneer ons op pad terug huistoe gestop het om ’n obskure dorpie se kroeg te verken, het ons saam ingeval: Yellow is the colour of my true love’ hair In the morning when we rise In the morning when we rise…

Hy het my geleer hoe belangrik name in ’n berig is, dat feite honderd persent korrek moet wees en daar geen verskoning is vir slordige joernalistiek nie.

Daar was vele wonderlike onthou-oomblikke. Soos die dag toe hy my grasperk aan die brand gesteek het. Hy het pyp gerook, dit was winter en die gras baie droog.

Ons het voor ’n Suidoos wedstryd op die Johan van Riebeeck stadion, eers gebraai. Die kuier was so lekker dat niemand agtergekom het sy pyp, wat hy uitgeklop het, het die gras aan die brand gesteek nie.

Een van sy trotse aande was toe hy peetpa geword het van my oudste seun, Tobias Johannes.

Die nuwe aankomeling is in die Middelburg Hospitaal gebore.

Na ’n Suidoos wedstryd op Witbank is ons twee vinnig na die hospitaal vir ’n besoek.

Net die pa’s en “naaste familie” is in die kraamsaal toegelaat, natuurlik was ’n peetpa naaste familie.

As oudjongkêrel was hy baie trots op die titel van peetpa.

Een van sy oud kollegas, Pedro Diederichs, het op Facebook gesê: “Wat ’n karakter was hy nie in eie reg nie! En altyd op sy pos agter sy tikmasjien of rekenaar of langs die sportveld. Musiekkenner van formaat en versamelaar van die raarste vinielplate.”

Hy het by die Suidwes Afrikaner in die destydse Suidwes Afrika (Namibië) begin werk en later by die Suidwester aangesluit, voordat hy na Hoofstad en toe Beeld is in Pretoria.

Na sy joernalistieke loopbaan het hy ’n tyd by Joof Groenewald se skakelfirma gewerk.

•’n Privaat gedenkdiens is reeds by sy broer Hans se huis, op Potchefstroom, gehou.

Kan ons ’n laaste keer sing…?

Blue is the colour of the sky In the morning when we rise In the morning when we rise That’s the time, that’s the time I love the best…

Tot ons weer sien ou Cor.

 

 

 

Do you have a news lead?

Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a WhatsApp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.

 

Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news

Dear reader,

As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button