Kanker eis een van bekende rugby tweeling
Die gewese Suidoos-Transvaal skrumskakel, Klasie la Grange (64), is laasnag net voor twaalf uur oorlede, nadat hy skaars drie weke gelede met longkanker gediagnoseer is.
Hy en sy broer, Gert, was die skakelpaar toe Suidoos die Westelike Provinsie in ’n Lionbeker wedstryd op 4 Junie 1983 met 24-19 op Witbank geskok het.
’n Foto waar die tweeling skouerhoog van die veld gedra word, het daarna in koerante verskyn.
www.mobserver.co.za het om 23:48 ’n oproep van Gert af ontvang, waarin hy net gesê het: “My broer is dood”.
Klasie het altyd gespog dat hy die “ouboet” is, want hy is eerste gebore.
Die span wat daardie dag die WP geklop het was: Harry Muller, Frank Sullivan, Wimpie van der Westhuizen, Steve Meyer, Kallie Grobler, Gert la Grange, Klasie la Grange, Nan Broekman, Richard Cooke (k), Jan Loubser, Terence Moll, Vleis van Zyl, Bertus van Eeden, Hendry van Tonder, Jorrie Jordaan.
Die WP pak was met een uitsondering almal Springbokke: Hempies du Toit, Shaun Povey, Henning van Aswegen, Hennie Bekker, Rob Louw, Theuns Stoffberg en Nick Mallett, wat in 1984 Bok geword het.
Nadat hy aan HTS Witbank matrikuleer het, het hy vir jare by die steenkool opleidingskollege (CTC) gewerk, waar hy vier jaar gelede afgetree het. Hy het Suidoos-Transvaal se o/20 span verteenwoordig, voordat hy in 1979 vir die eerste keer vir die senior span gekies is.
Klasie het tot 1989 71 wedstryde vir Suidoos gespeel en 65 punte aangeteken. Sy boeties Christo, en Henk het ook vir die provinsie uitgedraf.
Hy laat ’n seun en twee kleinkinders agter.
Begrafnisreëlings sal later bekend gemaak word.
Die boeties se pa, Hans, is ook onlangs oorlede. Hy was ’n bekende rugby administrateur.
Do you have a news lead?
Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a WhatsApp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.
Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news
Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.
Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.
A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).
