News

Sewe rowers sak op huis toe

Sewe rowers het op ’n huis in Haarhoffstraat in Groblersdal toegesak.

Dit is die soveelste gewapende huisroof in dié straat.

Volgens a/o Stanley Magaela, het sewe verdagte mans, wie se gesigte bedek was, ’n veiligheidshek oopgebreek en by die perseel ingegaan.

In die huis bly vier mans, wat kamers op die perseel huur.

Die booswigte het die deure van al die vertrekke oopgebreek en vuurwapens op al die persone in die huis gerig. Daarna is die huurders met kabelbinders vasgebind en geblinddoek met klere.

Die rowers het verder aangedring op kontant en selfone.

Vyf van die verdagtes was gewapen met handwapens.

Die rowers kon daarin slaag om met ’n onbekende bedrag kontant en ses selfone van die toneel te vlug.

 

 

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Check Also
Close
Back to top button