Massapatrollie bekamp misdaad in Middelburg
’n Reuse massapatrollie is Vrydagaand in Middelburg gehou.

Afriforum het saam met talle rolspelers soos die Middelburg Polisie, Steve Tshwete verkeerspolisie, nood radiogroepe en sekuriteitsfirmas in Middelburg se strate ingevaar. Misdaad brandpunte is besoek en ’n misdaadtoneel is ook gesimuleer.
• Dié massapatrollie het deel uitgemaak van Afriforum se nasionale patrollies om gemeenskappe teen misdaad te mobiliseer. Verder is die oogmerk om hoë sigbaarheid en samewerking tussen veiligheidsrolspelers te verbeter op ’n nasionale vlak, sowel as op plaaslike vlak.
“Met misdaad wat drasties toeneem in hierdie tydperk is dit van kardinale belang dat die staat besef dat hulle nie misdaad op hulle eie kan beveg nie. Die lae misdaadstatistiek wat tydens die nasionale patrollie aangeteken is, dui duidelik daarop dat hierdie soort aksies ’n verskil maak. AfriForum-buurtwagte dien as die oë en ore vir die polisie en voer alle patrollies en projekte uit volgens voorgeskrewe riglyne en ook binne die raamwerk van die wet,” sê Bronwen Pretorius, AfriForum se provinsiale veiligheidskoördineerder vir Mpumalanga.
Raak by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS jou naam na 45353 (R1 per SMS). • ’n Volledige berig oor die patrollie in Middelburg verskyn in die Vrydag uitgawe van die Middelburg Observer.

Do you have a news lead? Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a WhatsApp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news. Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news Dear reader, As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).
