Diewe versteek motorfiets tussen lang gras langs landgoed
’n Reaksielid van Mid Alarms, wat besig was met ’n patrollie in Roberts Landgoed, het die motorfiets wat vanoggend in Gholfsig (Middelburg) gesteel is, teruggevind.
Bennie Landman (Mid Alarms reaksielid) sê hy was besig met ’n patrollie op die grondpad in Roberts Landgoed wat parallel met Mandela Rylaan loop, toe hy merk dat die heining geknip is.
Hy het dadelik ondersoek ingestel en opgemerk dat daar net buite die draad, tussen die lang gras aan die pad se kant, iets verskuil tussen die lang gras lê. Kort daarna het hy die motorfiets, waarvan gedeeltes reeds losgeskroef is, plat in die gras sien lê.

Bennie het die GPF ontbied en Jacques van Niekerk (gemeenskapspolisiëring sektor 3.3) het kort daarna opgedaag en saam met hom vir die polisie gewag.
Die motorfiets was glad nie van die pad af sigbaar nie en dit is duidelik dat die diewe dit daar neergesit het om dit later vandag of vanaand te gaan haal. Dit is onduidelik of die motorfietsdiewe die motorfiets deur Roberts Landgoed gestoot het en of hulle net die drade geknip het om later die motorfiets aan die binnekant van die landgoed te versteek.
• Me. Felecia Smith was ook op die toneel en het gesê dat haar man, Johan, die Suzuki GSXR 750 motorfiets net twee weke gelede gekoop het.
Die motorfiets is deur die nag uit hul motorhuis in Cowen Ntulistraat gesteel.
Die booswigte kon nie die slot oopkry nie en het die staalknip toe oopgebreek om die hekmotor buite aksie te stel en die palissadehek van die spoor af te tel.
Daarna is die motorhuis oopgebuig om by die motorfiets uit te kom. 
Do you have a news lead?
Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a WhatsApp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.
Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news
Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.
Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.
A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).
