News

Egpaar wat aangehou is, help later om fiets terug te kry

’n Egpaar wat oor die naweek aangehou is as gyselaars in hul huis in Aerorand Wes, het laasnag gehelp dat fietsdiewe nie kon wegkom met ’n fiets nie.

Een van die bure (wat verkies om anoniem te bly) vertel dat die egpaar Vrydagnag in hul huis aangehou is en hulle van daar af elke nag vir ’n uur of twee op hul balkon sit om uit te kyk vir gure karakters.

Omstreeks 02:00 het hulle vier verdagtes in die straat sien afsluip en dadelik die bure gebel.

“Ons het sommer in ons slaapklere in die bakkie gespring en gaan soek na die verdagtes in die rigting wat ons beduie is.”

Hulle het nie ver gesoek nie, want net ’n blok of twee verder, in Molopostraat, het hulle gesien hoe twee booswigte oor ’n hek klouter met ’n oefenfiets by hulle.

“Ek het nie eers kans gehad om hulle met die verfbalgeweer te skiet nie, want hulle het net die fiets neergegooi en laat spaander.”

• Mnr. Raymond Makgota was vol lof vir die vinnige optrede van die persone wat sy fiets teruggekry het.

Sy palissadehek het houtblokke in en ’n mens kan nie van die straat af sien wat in die erf aangaan nie.

Hy vermoed dat die fietsdiewe die vorige dag dalk ’n kykie in sy erf gehad het, toe die tuinier die hek oopgemaak het om die gras te sny.

Op die CCTV Videomateriaal in mnr. Makgota se erf, kan gesien word hoe die twee diewe op die hek klim. Een bly op die hek sit, terwyl die ander een kruip na sy stoep, die fiets steel en die swaar staan oefenfiets vir hom aangee.

Pas nadat hulle aan die ander kant afgespring het met hul buit, was die bakkie op die toneel en het hulle die fiets neergesmyt en weggehol.

• Die egpaar wat gyselaar gehou is, was te getraumatiseer om met www.mobserver.co.za oor die gebeure te praat.

Do you have a news lead?

Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a WhatsApp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.

Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news

Dear reader,

As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.

Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.

A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button