News

Trokdywer glo in Witrivier gelos na kaping

Die drywer sou Donderdag terugkeer na Middelburg om meer lig te werp op die kaping. 

Die geel en oranje Volvo trok met registrasie JMR668MP wat Dinsdag spoorloos saam met die trokdrywer verdwyn het, is steeds weg, maar die drywer is intussen in Witrivier opgespoor.

Die eienaar van die trok, mnr. Koos van der Woude, sê hy en sy werkers was besig om rommel op te tel by die nuwe distrikshospitaal in aanbou digby die mall.

Hy was nog in kontak met die drywer wat gesê het hy’s op pad, voordat beide die trok en die drywer spoorloos verdwyn het.

Die trok se opsporingstelesel was ook af. Die trok het ook blou-sy tiepbak sleepwaens met registrasienommers JVZ210MP en JVZ206MP getrek.

Mnr. Juan Burger van Danie Day Privaatondersoekers is aangestel om die saak te ondersoek.

Hy sê hy is Donderdagmore omstreeks 02:00 laat weet dat die drywer veilig in Witrivier opgespoor is.

Die drywer beweer hy is gekaap. Die drywer sou Donderdag terugkeer na Middelburg om meer lig te werp op die kaping.

Enige iemand met inligting oor die trok word gevra om mnr. Van der Woude by 082 746 1252, of mnr. Burger by 083 778 8460, te skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Check Also
Close
Back to top button