News

Skote klap om inbrekers se voete

Drie inbrekers moes vlug vir hul lewens nadat daar op hulle losgebrand is in Selatistraat (Aerorand Wes, Middelburg) Saterdag in die vroeë oggendure.

Drie inbrekers moes vlug vir hul lewens nadat daar op hulle losgebrand is in Selatistraat (Aerorand Wes, Middelburg) Saterdag in die vroeë oggendure.

Dit volg presies ’n week nadat wakker inwoners van dié straat met ’n verfbalgeweer losgebrand het op diewe wat ’n oefenfiets gesteel het. Die diewe het die fiets laat val.

Die driestuks was besig om in te breek, toe die huiseienaar wakker word en skote afgevuur het. Op videomateriaal kan jy sien hoe die skote om hul voete klap soos hulle in die straat afhardloop.

• Die nag van 27 Maart is ’n egpaar (wat nie oor die gebeure wou praat nie) deur ten minste tien rowers om 01:30 in hul huis In Aerorand Wes oorval. Drie het hulle in die huis aangehou, terwyl van die ander booswigte die huis leeg gedra en ander buite wag gehou het.

Sedertdien sit hulle elke aand omstreeks daardie tyd op hul stoep vir ’n ruk om die omgewing dop te hou.

Etlike dae later, in die vroeë oggendure van 31 Maart het hulle inwoners wakker gebel om te vertel dat daar om 01:30 verdagtes in die straat loop. Minute later is die driestuks op heterdaad betrap, waar hulle oor ’n muur klouter met ’n oefenfiets en is daar met ’n verfbalgeweer op hulle losgebrand. Die boewe het weggekom. • Saterdagoggend se gebeure was presies weer om 01:30 waar die diewe in Selatistraat toegeslaan het en daar losgebrand is op hulle.

• ’n Inwoner van Aerorand Wes het www.mobserver.co.za gekontak en gesê dat sy graag ’n voorstel wil maak aan die gemeenskap en veral die inwoners van Aerorand Wes: “Dit is moeilik om deel te wees van patrollies in die nagte, omdat ons almal werk. Wat daarvan as mense in strate byeen kom en besluit om beurte te maak om in die nagte net tussen 01:00 en 02:00 in die donker op hul stoepe te sit en die omgewing dop te hou. Ek glo enige persoon kan ten minste een keer ’n week, of selfs een keer in twee weke, afhangend van die hoeveelheid mense in ’n straat, dit te kan doen! Ons sal moet begin opstaan teen misdaad in die nagte!”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button