News

Fees van ’n mark Saterdag by Kranspoortdorp

Kranspoortdorp se Markdag Saterdag bied alles vir almal met van ontbyt tot houtwerk, boeresport en skattejag.

Dié markdag is die ideale geleentheid om bietjie uit die dorp of stad te kom en ware gasvryheid te geniet in die heerlike bosveld atmosfeer. Buiten die gewilde ontbyt, tuisgebak en eetgoed, gaan daar vanjaar staalwerk, houtwerk, voerbakke en voëlvoerders uitgestal word.

Kranspoort is ook bekend vir die uitstaande skilders in die gemeenskap en ses van hierdie skilders gaan hul skilderye daar uitstal.

Jonk en oud kan die dag deelneem aan die volgende aktiwiteite:

7:00 begin die pretloop vanaf die Kranspoort Gholfbaan.

Vanaf 8:00 word wildritte elke uur gery tot 12:00 teen slegs R60 per persoon vir ‘n hele uur se wildsrit.

Tussen 09:00-11:00 kan almal gaan aansit vir ‘n heerlike Kranspoort ontbyt by die Raasblaarsaal.

Op die piekniekterrein sal 30 stalletjies vanaf 8:00 tot 17:00 hul unieke handgemaakte items uitstal en te koop aanbied.

Hope pryse is op die spel by die boeresport met Koedoe koeëlspoeg-, jukskeigooi- en kettieskiet kompetisies.

Die kinders kan om 11:00 naderstaan vir die skattejag.

Bernie’s Brewery van Pretoria kom bied “Beer on Tap” en “Gin on Tap” aan wat beslis gewild gaan wees.

Vir diegene wat wonder waar Kranspoortdorp geleë is: ry 45km op die N11 vanaf Middelburg na Groblersdal tot by die Kranspoort toegangshek, waar jy net sê dat jy op pad is na die markdag.

Aangesien die wild los rondloop in Kranspoort, word daar geen troeteldiere en motorfietse toegelaat nie.

Vir enige navrae kan Hester Marx gebel word by 082 601 3619 of stuur ‘n e-pos na hestermarx@hotmail.com.

•Op 11 Desember sal die volgende markdag plaasvind wat interessante Kersfees-verrassings sal inhou.

Bespreek nou reeds jou stalletjie by Hester.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button