Vryheidsfront Plus adverteer vakante poste
Twee poste is beskikbaar vir aansoeke van diegene wat kwalifiseer aan die vereistes.

Raadslede Koördineerder
Posbeskrywing:
Die Raadslede Koördineerder is ‘n belangrike, insiggewende skakel tussen die raadslede en die mediaspan. Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir die prosesse om aktiwiteite doeltreffend met en deur raadslede voltooi te kry, en om die party se doelwitte te stel en te bereik deur middel van beplanning, organisering, leiding en beheer.
Vereistes:
• Matriek
• Tweetalig (Afrikaans en Engels)
• Politieke ondervinding van plaaslike regering
• Media-ondervinding
• Rekenaargeletterdheid
• Enige ander kwalifikasie sal tot die aansoeker se voordeel strek.
Pligte:
• Identifisering van geleenthede om mediadekking te genereer in oorleg met raadslede
• Skakeling tussen die kantore van die LPW, leierskap in die provinsie en die raadslede
• Om vertroud te wees met die skedules van die raadsvergaderings van munisipaliteite
• Monitering van raadslede se werksaamhede, hantering van rekordhouding van verskonings vir raadsvergaderings, ens.
• Skakeling tussen die raadslede en die provinsiale mediabeampte om optimale mediadekking te genereer
• Evaluering van raadslede en terugvoer daaroor aan die provinsiale kantoor/ partyraad (administrasie van self-evalueringsvorms)
• Om die VF Plus op ‘n realistiese en volhoubare wyse uit te bou.
Vaardighede:
• Organisasie-, tydsbestuur- en multitaakvaardighede
• Goeie kommunikasievaardighede en menseverhoudings
• Vermoë om onder druk te werk
• Taktiek, diskresie en diplomasie
• Die vermoë om produktief te wees en inisiatief te kan gebruik.
Ontvangs- en administratiewe klerk
Die persone wat aansoek doen, moet in die Middelburg-omgewing woon of bereid wees om daarheen te verhuis.
Vereistes:
• Matriek
• Tweetalig (Afrikaans en Engels)
• Rekenaargeletterdheid
• Goeie kommunikasievaardighede (skriftelik en verbaal)
• Goeie telefoon- en ontvangsvaardighede
• Enige ander kwalifikasie sal tot die aansoeker se voordeel strek.
Pligte:
• Om besoekers te ontvang
• Om alle lede van publiek asook raadslede van party by te staan
• Om effektief te help met alle instap- en inbelnavrae, tot oplossing
• Om behulpsaam te wees met provinsiale liassering
• Handhaaf hulptoonbankrekords
• Om provinsiale en nasionale kontaklyste in stand te hou
• Om ‘n begrip te ontwikkel van die databasisse en stelsels wat in die provinsiale kantoor gebruik word
• Om akkurate datavaslegging van inligting van datastelsels te verskaf soos deur organiseerder/hoofkantoor vereis
• Om behulpsaam te wees in alle veldtogte en verkiesingstrategieë van die VF Plus
• Om die organiseerder by te staan in enige aktiwiteit soos van tyd tot tyd vereis mag word
• Alle personeellede sal van soms oortyd moet werk.
Aansoeke:
• E-pos ’n volledige CV en verwysings na CorneE@vfplus.org.za
• Dui aan in die e-pos se onderwerpbalkie vir watter pos u aansoek doen
• Sluitingsdatum van aansoeke is 23 Desember 2021 om 12:00.
• Na die sluiting van die aansoekperiode sal die dagbestuur u kontak vir ‘n onderhoud as u op die kortlys geplaas is.
• Indien aansoekers nie van ons teen 6 Januarie 2022 gehoor het nie, was die aansoek nie geslaagd nie.
