News
Inwoners bekommerd oor “leë” dam
Kampeerders wat bekommerd was omdat die dam so ‘leeg’ gelyk het vroeër hierdie week, kan gerus slaap, want die vlak het weer gestyg.
Inwoners het www.mobserver.co.za gebel en gesê ons “moet kom kyk, want die dam is op 60% nadat twee sluise oopgemaak is.”
Maandag was die dam wel net so rapsie oor die 87%, maar vanoggend het hy weer op 90.94% gestaan.
Damopsigter David Nonyana het bevestig dat daar weens die goeie reënval nog ’n sterk inloop is en dat die vlak steeds besig is om te styg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
