Herwinning al wat dorp gaan skoonkry
Herwinning is die enigste antwoord om ons vuil dorp weer uit die gemors te laat opstaan!
Boonop kan organisasies, skole en kerke ‘n ekstra inkomste daaruit verdien.
So sê die span van Dark Earth Waste Management, wat besigheidslui nie net ‘n fortuin kan spaar op afvalverwydering nie, maar ook organisasies wil help om deur middel van herwinning ‘n ekstra inkomste te genereer.
Om ‘n paar koppies koffie vertel Johan (projekte en verkope), Ruhan (logistiek) en Lou Rootman (omgewing- en fasiliteitsbestuurder) wat hulle reeds vermag het.
Hulle vertel trots dat hulle reeds die NG Kerk Dennesig aan boord het waar mense hul herwinningsartikels kan gaan afgee.
Hulle beplan om in Aprilmaand ‘n opedag by die Middelburg Care Village aan te bied.
“Dit moet ‘n opvoedingsproses wees. Kinders moet van kleins af geleer word dat herwinning die antwoord is om ons wêreld te red. En boonop leer hulle hoe om ‘n inkomste daaruit te verdien.”
Tydens die opedag gaan hulle wys hoe die balers werk.
Inwoners word genooi om hul herwinbare artikels soontoe te bring.
“Ons visie is dat jy so min as moontlik jou groen asblik moet uitsit. Veral nou in hierdie tyd, is herwinning die antwoord dat ons dorp nie soos een groot rommelhoop hoef te lyk nie. Boonop is dit maklik!”
Die drie verduidelik hoe hulle ‘n maatskappy die afgelope jaar gehelp het om duisende rande te spaar.
“Die besigheid het R7 000 ‘n jaar spandeer om sy vullis te verwyder. Soos ons naam sê, het ons vir hom afvalbestuur gedoen. Al wat hy moes doen was om sy bokse eenkant te hou.”
Waar die kliënt dus R84 000 ‘n jaar spandeer het, het hy vir die hele jaar net net R6 500 by Black Earth Waste Management spandeer “en boonop skuld ek hom nog R2 000 vir sy herwinning.”
Mense wat wil herwin, moet onthou dat hulle karton, papier en plastiek vat.
•Hulle noem dat daar ‘n jong man is wat tussen R300-R500 ‘n dag verdien omdat hy vir hulle karton bymekaar maak.
“Mense sal heeltemal anders na die mense kyk met die bokse op trollies as hulle sien hoe hard hierdie man werk. Ons plan is om meer van hulle te kry en dit op die regte manier te bestuur,”
•Dark Earth Waste Management nooi kerke, skole en organisasies om met hulle hande te vat.
Vir enige navrae, bel Johan, Ruan of Lou by 071 722 0998.
