News

Geskenkhoop groei vir kinders in Noord Kaap

Daar is al 'n groot hoop geskenkies wat toegedraai en in 'n kas gebêre is vir die arm kinders in die Noord Kaap.

Www.mobserver.co.za het onlangs berig oor Middelburger, Soretha Oosthuizen, wat Kersfees 2022 spesiaal wil maak vir hulle. Lees berig hier.

Haar man, Willem, werk in Port Nolloth in die Noord Kaap en tydens ‘n kuiertjie by hom het haar hart gebreek toe sy sien hoe arm die gemeenskap in die omgewing is. Van die kinders se enigste speelgoed was skulpies.

In 2021 het sy lekkergoedpakkies saamgevat en het van die kinders gehuil van dankbaarheid toe sy dit uitdeel.

Vroeg hierdie jaar het sy gemeld dat sy nou al geskenkies vir die kinders gaan bymekaar begin maak en is almal se hulp gevra.

Sy het ook genoem dat sy op ‘n gereelde basis die lesers op hoogte sal hou oor hoe die projek vorder.

Soretha sê sy het reeds heelwat skenkings gekry, van klerasie vir babas tot DVD’s, speelgoed en skryfbehoeftes.

‘n Paar van die DVD’s wat geskenk is. Dit het kindermusiek en -stories op.

“Enigiets wat kinders van geboorte tot ten minste tienerstadium kan gebruik, kan geskenk word. Ons het selfs haarversierings vir dogtertjies gekry.”

Die oulike haarbenodigdhede vir dogtertjies wat geskenk is vir die projek,

Sy is dankbaar dat daar mense is wat self hul geskenkies toedraai, want dit maak haar werk baie makliker. “Onthou net om op jou geskenkie ‘n kaartjie vas te plak om te sê vir watter ouderdom kind dit is en of dit vir ‘n seun of ‘n dogter is.”

Daar is selfs plakkies geskenk vir die geskenkprojek,

Hulle aanvaar nie kontant nie en vra dat mense eerder ‘n geskenkie (tweedehands is ook welkom) of geskenkpapier skenk.

Mense wat geskenkies wil gee, moet onthou dat dit duidelik gemerk moet word of dit vir ‘n seun of dogter is en watter ouderdom. Dit word volgens ouderdom in bokse verpak,

Haar kinders, Nikita en DJ help haar met die projek. DJ sal dan ook Kersvader wees as hulle die geskenke gaan uitdeel.

•Mense wat betrokke wil raak, kan haar bel by 072 272 5337.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button