Sport

Tuks en Naka Bulle in epiese eindstryd slaags

Jansen van Vuuren dalk vir studente gekies, Muller in Naka se hoek

Waar daar aksie is, is daar ’n Middelburger.
Die Carltonbeker-eindstryd vind Saterdag om 15:00 plaas, met die voormalige Rooi Bul, Jacques Muller, wat een van die Naka Bulle se afrigters is.
Muller brei die voorspelers.

Die kans is ook goed dat Ben Jansen van Vuuren vir Tukkies gekies sal word. Tuks se span word eers Vrydag aangekondig.

Die Naka Bulle gaan Saterdag poog om die Carltonbeker teen Tukkies te wen. Middelburger Jacques Muller is een van hulle afrigters. FOTO: Verskaf

Daar vind vyf eindstryde by die Naka Bulle-rugbyklub in Pretoria plaas.
Die o. 20-skild- en o. 20-bekerfinaal skop die dag af, gevolg deur die 3de, 2de en 1ste span.
Jansen van Vuuren het die 2026 Varsitybeker saam met Tukkies gewen en Muller kom ’n lang pad saam met die Naka Bulle, wat die heersende Goue Beker-kampioene is.

Goue Beker-kampioene teen Varsitybeker-kampioene. Naka Bulle teen Tukkies. Twee sterk spanne. Een Sanlam Carlton Liga-titel op die spel.

Voormalige HTS Middelburg-voorry Jacques Muller en Driaan Bester het die Naka Bulle ’n paar jaar gelede gehelp om die African Rainbow Community Gold Cup suksesvol te verdedig. FOTO: Middelburg Observer.

Die Naka Bulle en Tukkies sal ook om 13:20 in die 2de span-finaal te staan kom.
Voor die twee senior Naka Bulle-Tukkies-ontmoetings, sal TUT om 12:00 teen Centurion in die 3de span-finaal speel.

  • Die o. 20-finaliste moet nog bevestig word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button