Munisipaliteit, insluitende lisensiekantore, gesluit
Geen munisipale dienste word tans gelewer nie, wat die plaaslike lisensiekantore insluit.
Munisipale werkers staak weer sedert gister, en eis dat dissiplinêre stappe teen werkers wat aangekla is weens die voortslepende staking sedert September laasjaar, teruggetrek word.
Altesaam 12 munisipale werkers is reeds formeel aangekla vir hul betrokkenheid by die arbeidsgeskille.
Unies eis nou dat klagtes “onmiddellik en onvoorwaarelik” teen die werkers teruggetrek word.
Inwoners word gevra om weg te bly by die munisipaliteit waar werkers steeds saamdrom.
Amptenare wat wel vir werk opgedaag het, is vroeër almal beveel om die burgersentrum te verlaat.
Werkers word tans buite die hekke deur gewapende sekuriteit gehou.
Hulle dring aan op ’n vergadering met waarnemende munisipale bestuurder, me. Thokozile Zulu, wat nie Maandag beskikbaar was nie.
• Hendrina se munisipale kantore is ook gesluit weens die staking.
