Gewilde sanger Shane du Toit skielik oorlede
Middelburg se eie Country-ster, Shane du Toit, is Donderdagmiddag skielik oorlede, nadat hy die afgelope twee jaar gesukkel het met sy hart en hipertensie.
Mnr. Du Toit was jarelank bestuurder by die Sasol-vulstasie in Meyerstraat, en ten tye van sy dood werksaam by Prominent Paints.
Hy het omstreeks 14:30 gister by Prominent Paints uitgestap en geskreeu “eina!” voordat hy in mekaar gesak en gesterf het.
Mnr. Du Toit was ’n meester met die kitaar in sy hande.
Naas sang, het hy ook graag musiek gemaak by troues en ander geleenthede.
Hy het ook gereeld vriende by mekaar gebring deur karaoke-aande te reël.
Plaaslike sangers het ook op sy nommer gedruk as klankman.
Mnr. Du Toit is ongeveer twee jaar gelede met hipertensie gediagnoseer, wat skade aan sy hart veroorsaak het.
Hy word oorleef deur sy seun Zander (7), eksvrou Michelle, pa Tops Raath, broer PJ Raath en skoonouers Madi en Martin.