News

Poniestert glo soos trofee rondgewys

Twee mans het glo met hulle slagoffer se afgesnyde poniestert soos ’n trofee gespog, nadat hulle hom wreed aangerand het.

Www.mobserver.co.za het verneem dat drank ’n groot rol gespeel het in verlede Sondag se aanranding van mnr. Louie van der Ahee op die Hermansdal Landgoed, voordat mnr. Van der Ahee Woensdagaand dood is weens breinbeserings.

Daar is glo by ’n woning by die landgoed gekuier, waartydens die twee beweerde aanvallers betrokke by mnr. Van der Ahee se aanranding, ’n tydlank gewik-en-geweeg het of hulle na sy kamer sou gaan.

’n Broer van een van die beweerde aanvallers het glo vasgeskop teen dié plan.

Nietemin het die twee aanvallers later in ’n voertuig gery na mnr. Van der Ahee se kamer.
Daar is hy na bewering oorval, geslaan en geskop.

Mnr. Van der Ahee se voortande is in die aanval uitgeslaan en sy poniestert met ’n steakmes afgesny.

Na die aanval het die twee mans glo terug gekeer na die huis, waar hulle gedeeltes van mnr. Van der Ahee se afgesnyde poniestert vir mense gewys het.
Mnr. Van der Ahee is Woensdagaand oorlede, nadat die drukking op sy brein weens die aanranding verlig moes word.

Hy het sy bewussyn Dinsdagmore verloor by Pieta’s Pub, oorkant die pad van Hermansdal, waar hy gestop het vir water.
Hy’t vreeslik begin opgooi en toe flou geword, voordat daar met hom hospitaal toe gejaag is.

Die polisie ondersoek tans ’n saak van moord.

’n Verdagte is reeds deur die polisie in verband met die aanval ondervra.

Mnr. Van der Ahee het ook in ’n video gesê dat een van sy aanvallers ene “Brian” is. Dié Brian is nog op vrye voet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Check Also
Close
Back to top button