News

Wen bees agterkwart vir net R20

CVO (Christelike Volkseie Onderwys) Skool Middelburg herdenk tans sy 27ste bestaansjaar.

Die skool bied ’n kompetisie aan waar ’n bees agterkwart onder andere op die spel is.
Kaartjies kos R20 of koop ’n boekie, met 10 kaartjies vir R200.

Leerlinge het kaartjies of koop een by die skool geleë op die hoek van Zuid- en Morkelstraat.
Vir navrae bel 013 240 0830.

• 1ste prys is ’n bees agterkwart.
• 2de prys is ’n lam.
• 3de prys is ’n vark.
• 4de prys is R800.

Die trekking vind op 30 November 2022 plaas.

Charien Coetzer van die CVO Skool sê hulle is bevoorreg om ’n omgewing te skep, waar leerlinge ten volle hul talente kan ontwikkel en uitleef.

“CVO Skool Middelburg is ’n nie-winsgewende organisasie met Umalusi-akkreditasie. Meeste van fondse is afkomstig van jaarlikse fondsinsamelings. Hier werk ons almal saam ter wille van ons kinders en die skool. Ons nooi die gemeenskap uit om ons te ondersteun met die fondsinsameling om die skool op te knap en kinders ’n sorgvrye omgewing te bied, waar hulle vrye teuels gegee word om kreatiewe idees speel-speel uit te leef.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Check Also
Close
Back to top button