News

Slaggate ontsier toerismeroete

“O gats,” is dalk die eerste gedagte wat by besoekers vassteek wanneer hulle die 2015 Kwêla Dorp van die Jaar se drumpel betree.

As die eerste indruk iets beteken dan laat die Steve Tshwete Munisipaliteit ’n swak indruk op toeriste en besoekers wat die Loskopvallei besoek of van daar af terugkeer.

Verskeie motoriste en inwoners het hulle misnoë gedeel oor die slaggate wat een van Middelburg se besigste roetes ontsier.
Die probleem duur egter al vir vele jare voort.

Die N11 verbrokkel aan beide kante tussen die Proteakruising en die Dennesig afdraai wat na Harry Gwalastraat loop.

“Dis verblydend om te sien dat residensiële strate soos Springbok- en Buller herstel is na die staking, maar hoekom nie die ingang na ons mooie dorp, en die poort na ons toerisme-oorde nie?” het een inwoner gesê.

• ’n Navraag is aan die Steve Tshwete Munisipaliteit gerig maar geen terugvoer is teen tyd van publikasie ontvang nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Check Also
Close
Back to top button