News

Steeds geen teken van Willem of sy bakkie

Duik- en ander reddingspanne is steeds besig om die Vaalrivier te deursoek vir enige teken van Willem Kruger of sy bakkie.

Willem is die laaste keer Saterdag omstreeks middernag gesien by die Henbase Lodge langs die Vaalrivier.

Ondersoekspanne het alle veiligheidskameras deurgegaan op al die roetes vanaf die Lodge en kon nog geen bewyse kry dat Willem ooit die lodge verlaat het nie.

Daar word met ’n helikopter uit die lug gesoek.

•Buiten die polisie se duikeenheid, help die K9 (honde-eenheid) van Lydenburg, asook die ondersoekspan van Mike Bolhuis en veiligheidspanne van die omgewing met die soektog.

•Foto’s wat die Middelburg Observer bekom het, wys dat die Vaalrivier naby die lodge ’n stroompie is wanneer hy nie in vloed is nie. Na swaar reën verlede week het die rivier egter in ’n bruin watermassa verander.

Die laagwaterbruggie by die Henbase Lodge uit die lug gesien as die rivier nie in vloed is nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button