Kar ry in skool se hoofingang vas
’n Ford Everst het Vrydagaand omstreeks 23:00 in die hek en muur by die hoofingang van HTS Middelburg vasgery.

Dit is nog onduidelik presies hoe die ongeluk gebeur het, maar alle aanduidings is dat die bestuurder beheer verloor het oor die voertuig en die kar in die hek vasgeploeg het.
Volgens Marnus Uys (skakelbeampte, Noodroep Radiogroep Sektor 3) is daar gelukkig niemand ernstig beseer nie, “maar die voertuig is heeltemal afgeskryf.”

•Sondag omstreeks 00:00 het die NRS3 ook hulp verleen by ’n ongeluk op die hoek van Lilian Ngoyi- en Beyers Naudéstraat.
•Marnus het genoem dat daar sedert Oktobermaand ’n geweldige toename van ongelukke in die aande en oor naweke is.
Hy vermoed van die ongelukke is te wyte aan persone wat ’n paar drankies drink by afsluitingsfunksies en dan agter die stuur inklim.

“Vra liewer iemand om jou huis toe te neem as jy ’n drankie of twee gedrink het”.
