News

Piepklein Hendrik se groot vegtersgees

Sy kleine lyfie wys hy weeg net 1.15kg, maar die wyse waarop hy veg, wys dat daar ’n leeuehart in daardie liggaampie klop.

Klein Hendrik Venter is op 11 November prematuur in die Life Midmed Hospitaal gebore en sy ouers is verstom oor sy vegtersgees.

“Hy kry nog suurstof, maar hy is nie meer op die masjien wat hom laat asemhaal nie,” het sy ma, Anuska, trots gesê.

Sy het verlede week ’n noodkeiser ondergaan weens ’n mediese kondisie.

Mnr. Xander Venter vryf saggies oor Hendrik se koppie met sy vinger.

“Hulle het my al ’n week voor die keiser begin voorberei en het ek steroïde inspuitings gekry om Hendrik se longetjies te versterk. Die aand voor die tyd het ek ook magnesium sulfaat gekry.”

Daar kon egter nie langer gewag word nie en dr. Elfriede Swarts (ginekoloog) het op 11 November die keiser gedoen.
Hendrik het net 1.15kg geweeg by geboorte.

Hendrik Venter is gebore op 11 November.

“Hy is bitter klein, maar dr. Riekert Swart kyk baie mooi na hom.”

Me. Venter en haar man, Xander, is kort-kort by hom in die neonatale intensiewe eenheid.

“Ons glo dit is al die gebede wat Hendrik so mooi laat vorder en ons vra dat almal sal aanhou bid vir hom.”

Ouboet Zynier en Hendrik. Zynier is ook verlede jaar prematuur gebore.

•Me. Venter het genoem dat hul oudste seuntjie, Zynier, verlede jaar ook prematuur op 29 weke gebore is. Hy het 1.9kg by geboorte geweeg.

•Dr. Swart (pediater) het vanoggend gesê dat dit op 17 November “Internasionale Prem”-dag is en dat die hospitaal ook hierdie geleentheid vandag vier.

@middelburgobserver

Op 28 weke wys klein Hendrik reeds ’n groot vegtergees

♬ original sound – MiddelburgObserver

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button