News
Kerslig verlig Krugerplaas en pa sê dankie
Terwyl die son sak en daar nog geen teken is van Willem Kruger (29) wat al byna 'n week vermis word nie, het kerslig vanaand sy ouers se plaas verlig.
Mnr. Tian Kruger, wat steeds by die Henbase Lodge is vanwaar Willem verdwyn het en elke dag help soek in die rivier, het gehoor van die spesiale gebedsaand.
Hy het in ‘n emosionele stemboodskap die gemeenskap bedank wat na sy plaas toe gegaan het om te bid en hulle op hierdie manier te ondersteun.
- Me. Nicolette Pretorius het die hartroerende foto’s geneem en met ‘n stem wat breek gesê: “dat ek daar gestaan het met my kind saam met my en hierdie ouers se kind is weg. Ons het ‘n baie spesiale gemeenskap wat so byeen kon kom en saam kon bid.”
- Elke kersie vanaand was die versinnebeelding dat hulle ‘n sprankie hoop en lig vir sy ouers wil bring en daarmee saam bid vir ‘n wonderwerk.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.