Kranspoort ure gesluit na suurtrok omslaan, brand
Kranspoort is gisteraand omstreeks 23:00 gesluit nadat ’n suurtrok in die poort verongeluk het.
Opruimings is aan die gang en net een baan is tans oop in die poort, wat ’n groot gevaar vir motoriste en hulpverleners in die poort inhou.
Motoriste word gevra om die poort uiters versigtig te benader.
Kort na die insident omstreeks 22:00 het die trok en sy vrag aan die brand geslaan.
Die poort is om 23:00 gesluit.
Polisiefotograwe het die keer die hele toneel afgeneem.
’n Indiepte ondersoek na die tragedie kan moontlik deur Kranspoort inwoners gebruik word om hul pleidooi, dat geen trokke in die poort toegelaat moet word nie, te sterk.
Een persoon is oorlede in die chaos.
Daar is lank gespook om die eienaar van die trok op te spoor.
Dit is die hoeveelste trok wat omslaan met swael en suur in vrag.
Grondeienaars is raadop met die voortslepende omgewinskade wat aangerig word.
Die saak word nou selfs in die parlement deur plaaslike parlementslid Annerie Weeber gedryf.
Van Wettens Insleepdienste se Loutjie Swart was oudergewoonte op die toneel, en die wrak is kort na 04:00 uit die poort gesleep.