Jud’sies video: Twee koeëlpunte reeds in Jud’sies herwin na aanval op egpaar met petrolbomme
Bester se seuns kon nog nie opgespoor word vir kommentaar nie.

Met opruimings wat afgeskop het by Jud’sies na ‘n skrikwekkende aanval op die winkeleienaar Kappie en Judy-May Kapp Donderdagmiddag, is twee koeëlpunte reeds in die winkel herwin.
Dit was ‘n wonderwerk dat die egpaar sonder ersntige beserings gelaat is nadat drie petrolbomme na hulle in die winkel deur Willie Bester, ‘n naburige winekeienaar geslinger is.
Hy het ook minstens ses skote op die vlugtende egpaar afgevuur.
Bester het daarna na sy eie winkel, die Horlosie Kliniek, gevlug, waar sy liggaam later gekry is.
Hy was onherkenbaar verbrand maar dis steeds onduidelik of hy homself geskiet het voordat die winkel heeltemal in die brand verwoes is, met hom daarbinne.
Duideliker video materiaal van die aanval het intussen ook aan die lig gekom, en wys hoe die egpaar rustig tussen Jud’sies se winkelrakke rondbeweeg het, voordat hulle met die petrolbomme bestook is.
Bester se seuns kon nog nie opgespoor word vir kommentaar nie.
Mnr. Kapp het ook bevestig dat talle koeëlgate ook in die winkel se mure vasgeslaan het, en daar word tans nog na die projektiele gesoek.
Videomateriaal van die aanval is aan die SAPD se plofstofeenheid oorhandig.