News

Donkie verdwyn in Slaghoek-omgewing

R1 000-beloning vir enigiemand wat weet waar Koinonia-plaas se geliefde Klaas is

’n Mak donkie van Koinonia-plaas het in die Slaghoek-omgewing weggeraak.

Judy van Deventer, wat aan stuur van die Lewe in Liefde-organisasie staan, sê sy is hoopvol dat Klaas teruggevind sal word.
Sy bied ’n R1 000-beloning aan vir enige persoon wat inligting kan gee waar Klaas is.


Die donkie was soos ’n hond op die plaas wat deur Lewe In Liefde bedryf word.
Die organisasie verskaf die afgelope klompie jare kos aan hulpbehoewende inwoners.
Daar is ’n groentetuin, varke, hoenders en boerbokke op die plaas wat van die grond af opgebou is.

Klaas was ’n geskenk van ’n boer en al drie jaar op die plaas. Hy is gereeld bederf met appels en aartappels.
“Hy is so liefdevol en hy was kinders wat die plaas besoek het se gunsteling. Wanneer jy hom geroep het, het hy dadelik gekom – hy was pure hond.”

Maar nou is Klaas weg en na ’n drieweeklange soektog kon hy nêrens opgespoor word nie.
Van Deventer kan by 082 802 4803 geskakel word.

Die Afrika grys papegaai is teruggekry.
  • Die Afrika-gryspapegaai wat twee weke gelede in die Proteastraat-omgewing weggeraak het, is intussen teruggevind.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button