News

Foto’s van konsentrasiekamp op uitstalling

Pluimpie vir die dorp se hardwerkende Erfeniskomitee

Tydens die Geloftefeeskomitee se kranslegging in die konsentrasiekampbegraafplaas ter herinnering aan slagoffers, veral vroue, kinders en bejaardes, wat in die Anglo-Boereoorlog gesterf het, het ’n nuuskierige meerkat hom verkyk aan die foto-uitstalling.

Maar nou gaan daardie uitstalling aan ’n veel groter gehoor bekendgestel word.
Rudi van Wyk, voorsitter van die Middelburg Erfenisvereniging, sê die foto’s gaan die volgende paar weke op twee plekke uitgestal word.

Die nuuskierige meerkat by die konsentrasiekamp bekyk die foto-uitstalling. FOTO: Rudi van Wyk

Eers by die Vriende van die Anglo-Boereoorlog in Pretoria vanaf 12 tot 14 November en daarna by die Voortrekkermonument van middel November tot einde Januarie.

Kobus Terblanche by ’n geborgde konsentrasiekampfoto. FOTO: Tobie van den Bergh

Hy het lede van die Erfenisvereniging wat die konsentrasiekampfoto’s geborg het, bedank.
Dit is ’n indrukwekkende en aangrypende uitstalling en pluimpie vir die werk wat die Middelburg Erfenisvereniging doen.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button